Beloningskaart vir Dogters / Prinsesse

Elektronies beskikbaar.
R0,00

Druk die beloningskaart uit op karton en lamineer sodat dit weekliks gebruik kan word.

HOE OM DIT TE GEBRUIK?

Soms is daar iets spesifieks wat jy jou kind mee wil aanmoeding om elke dag te doen. Bv. speelgoed optel, nie huil nie, bed opmaak ens.

Hierdie beloningskaart is net vir 1 takie vir 7 dae. Daar is 7 hartjies wat vir Maandag tot Sondag is.

Herhinner jou kind daagliks om haar hartjie te verdien deur die spesifieke takie te doen.

As sy dit gedoen het, kan Mamma haar prys en laat sy haar hartjie inkleur met 'n witbord merker of Mamma kan 'n regmerkie maak of selfs 'n plakkertjie kan opgeplak word.

Aan die einde van die week is daar dan 'n beloning vir die goeie werk en gedrag wat jou kind daardie week getoon het. Die beloning kan 'n speelding wees, lekkerny, 'n gunsteling aktiwiteit ens.