Conditions of use

1. Gebruik van Little 1 se Webwerf

Toegang tot en gebruik van Little 1 se Webwerf is onderworpe aan hierdie Bepalings en Voorwaardes.

Die Webwerf mag nie vir onregmatige doeleindes of enige aanwending wat verbied word deur hierdie Bepalings en Voorwaardes gebruik word nie.
Deur hierdie Webwerf te gebruik aanvaar u die terme, voorwaardes en ontkennings. Indien u dit nie aanvaar nie moet u onmiddelik ophou om dit te gebruik.

2. Kredietkaartbesonderhede

Little 1 vra nie tans kredietkaartbesonderhede op hierdie Webwerf nie. Aanlynkaartverwerking word deur ons besprekingsdiensverskaffer PayFast (www.payfast.co.za) hanteer.

3. Advies

Die inhoud van Little 1 se Webwerf kom nie op advies neer nie en moet slegs gebruik word vir die inligtingsdoeleindes.

4. Verandering van inhoud

Little 1 behou die reg om:

- die Webwerf te verander of tydelik/permanent te verwyder sonder enige kennisgewing.

- hierdie Bepalings en Voorwaardes op 'n regverdige wyse te verander. U voortgesette gebruik sal sulke veranderinge kondoneer.

5. Skakels na Derde Party Webwerwe

Little 1 Website mag skakels na derde party webwerwe deel, wat onder ander bestuur en diensverskaffing is. Sulke skakels is nie 'n endossement van die webwerwe nie en ons is nie verantwoordelik vir hul inhoud en beskikbaarheid nie.

6. Kopiereg

Alle materiaal op hierdie Webwerf word besit deur / is gelisensiëeer aan / word andersins gebruik deur Little 1 binne die relevante wette.

Materiaal mag slegs vir persoonlike, nie-kommersiële, gebruik aangewend word. Geen inhoud mag kommersiëel gebruik word sonder vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouer nie. Duplisering van my produkte is teen die wet op kopiereg en geen materiaal mag gedeel word en is slegs vir individuele gebruik.


7. Beperking van Aanspreeklikheid

Die Webwerf word verskaf SOOS DIT IS en SOOS BESKIKBAAR sonder enige voorstelling of endossement en sonder waarborge van enige aard, hetsy uitdruklik of geïmpliseerd, insluitend maar nie beperk tot die geïmpliseerde waarborge van bevredigende gehalte, geskiktheid vir 'n spesifieke doel, nie-skending, versoenbaarheid, sekuriteit en akkuraatheid.

Tot die mate toegelaat deur Suid-Afrikaanse wetgewing, sal Little 1 nie aanspreeklik wees vir enige regstreekse of gevolglike verlies of skade wat voortspruit uit die gebruik van die Webwerf nie (insluitend, sonder beperking, verlies van besigheid, geleentheid, data, wins).

Little 1 verskaf geen waarborg dat die inhoud en funksionaliteit van die Webwerf ononderbroke beskikbaar of foutloos sal wees.

8. Vrywaring

U stem daartoe in en vrywaar Little 1, sy werknemers en agente teen alle laste, regsonkostes, skade, verlies, koste en ander uitgawes met betrekking tot enige eis of aksies wat teen Little 1 ingestel word, wat voortspruit uit enige verbreking van hierdie Bepalings en Voorwaardes of ander verpligtinge wat voortspruit uit die gebruik van hierdie Webwerf.

9. Skeiding

Indien bevind word dat enige van hierdie Bepalings en Voorwaardes ongeldig, onwettig of onafdwingbaar deur 'n bevoegde hof is, sal die spesifieke Bepaling(s) en/of Voorwaarde(s) uitgesluit word en sal die oorblywende Bepalings en Voorwaardes steeds ten volle van krag, bindend en afdwingbaar bly.

10. Wetgewing en Jurisdiksie

Hierdie Bepalings en Voorwaardes is ondergeskik aan Suid-Afrikaanse Wetgewing, met eksklusiewe jurisdiksie binne Suid-Afrikaanse howe.

11. Gebruiksvoorwaardes:

Alle materiaal op die webwerf (www.little1.co.za) word besit deur Little One. Materiaal mag slegs vir persoonlike, nie-kommersiële, gebruik aangewend word. Geen inhoud mag kommersiëel gebruik word sonder vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouer nie. Duplisering van my produkte is teen die wet op kopiereg en geen materiaal mag gedeel word en is slegs vir individuele gebruik.